Prinses Alexandra van Denemarke

Alexandra van Denemarke
Koningin-gemalin van die Verenigde Koninkryk
Keiserin-gemalin van Indië
Alexandra in 1910.
Alexandra in 1910.
Gemaal 22 Januarie 19016 Mei 1910
Eggenoot Edward VII van die Verenigde Koninkryk
Vorstehuis Sakse-Koburg en Gotha;
Denemarke
Kinders Prins Albert Victor, Hertog van Clarence en Avondale
George V
Louise, kroonprinses en Hertogin van Fife
Prinses Victoria
Maud, Koningin van Noorweë
Prins Alexander John van Wallis
Volle naam Alexandra Carolina Marie Charlotte Louise Julia
Titels HM koningin Alexandra
HM die Koningin
HKH die Prinses van Wallis
HKH prinses Alexandra van Denemarke
HSH prinses Alexandra van Sleeswyk-Holstein-Sonderburg-Glücksburg
Vader Christiaan IX van Denemarke
Moeder Louise van Hesse-Kassel
Gebore 1 Desember 1844; Kopenhagen, Denemarke
Oorlede 20 November 1925; Sandringham House, Norfolk

Prinses Alexandra van Denemarke (Alexandra Carolina Marie Charlotte Louise Julia; 1 Desember 1844 – 20 November 1925) was die gade van koning Edward VII van die Verenigde Koninkryk en dus ook keiserin van Indië tydens haar man se bewind, van 1901 tot 1910.

Haar familie was redelik onbekend totdat haar pa, Christiaan IX van Denemarke, sy verlangse neef Frederik VII opgevolg het as Deense koning. Op 16-jarige ouderdom is sy gekies as die toekomstige vrou van Albert Edward, Prins van Wallis, die erfgenaam van koningin Victoria. Hulle het 18 maande later getrou. As Prinses van Wallis van 1863 tot 1901, die langste wat enigiemand die titel gehad het, het sy die harte van die Britse volk gewen en baie gewild geword; haar styl is deur modebewuste vroue gevolg.

Met die dood van koningin Victoria in 1901 het Albert Edward koning Edward VII geword, met Alexandra as sy gemalin. Van Edward se dood in 1910, toe haar seun George V koning geword het, tot met haar eie dood, was sy die koningin-moeder met die aanspreekvorm Haar Majesteit koningin Alexandra.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search